Sentrale damme kry inloop, oostelike damme lyk bedroef

Die drie sentrale damme wat onder andere Windhoek voorsien het al drie inloop gehad die afgelope week en is altesaam 19,2 persent vol. Swakoppoort staan op 24,5 persent en Von Bach op 24,8 persent. Die Omatako is op 5,3 persent na inloop van 1,25 miljoen kubieke meter. In die suide is Hardap op 15,3 persent met meer as 2,9 miljoen kubiek na die groenskema uitgelaat is. Neckartal is op 79,7 persent, Naute op 27,6 persent en Oanob op 32 persent. Die Ooste se totale bronne is op 1,7 persent, met die Otjiverodam wat 1,4 persent water het en die slikdam 1,9 persent. Die Daan Viljoendam is 10,7 persent vol en die Tilda Viljoen is leeg. Die Olushandjadam in die Noorde het 39,6 persent water.