Polisieselle is haglik, raak geestesgesondheid – navorser

Navorsing deur Nust se departement sosiale wetenskap oor verhoorafwagtende gevangenes in Windhoek se polisieselle het ontstellende statistieke opgelewer. Die projek, gelei deur dr. Stefan Schulz, het bevind dat 185 uit elke 100 000 lede van die algemene bevolking in aanhouding was, ver bo die Afrika-gemiddeld van 33,7. In 25 persent van sake is die polisiedossiere teruggestuur en moes die aangehoudenes vrygelaat word weens ‘n gebrek aan prima facie bewyse. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Stefan Schulz, wat uitbrei oor die effek van die haglike toestande in polisieselle op aangehoudenes se geestesgesondheid.