Onteieningswet nodig vir grondverspreiding – Mbalula
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, erken die DA se reg om die Wet op Onteiening teen te staan, maar bevestig sy party se toewyding tot transformasie. Mbalula het op ‘n mediakonferensie die wet as deurslaggewend beskryf vir grondherverspreiding en gesê sommige van die regering van nasionale eenheid se koalisievennote verset hulle teen vordering. Hy hou vol die ANC sal nie toegewings maak oor die bevordering van Suid-Afrika se sosio-ekonomiese agenda nie.