Nuwe riglyne oor veral omgewingsrapportering

Internasionale ouditeure het nuwe riglyne gekry oor wat om na te gaan wanneer ondernemings se omgewings-, maatskaplike en bestuurseise beoordeel word as deel van pogings om konsekwentheid te verhoog. Die stap deur die Internasionale Oudit- en Versekeringstandaarderaad n die Internasionale Etiekstandaarderaad vir Rekenmeesters kom namate meer maatskappye onder druk is om data bekend te maak as deel van pogings om klimaatsverandering te beveg. Daar was ook verskeie internasionale skandale met veral onderrapportering en die aanpassings van werklike koolstofvoetspore.