Meer as sake-beleggings is nodig

In 2024 het Namibië na vore getree as Afrika se tweede vinnigste groeiende mark en vyfde in die wêreld in terme van direkte buitelandse belegging, met 2,7 persent BBP-groei wat voorspel is vir 2024, volgens fDi Intelligence. Die studie sonder lande uit wat die nuwe jaar binnegaan met sterk makro-ekonomiese en direkte buitelandse beleggingsmomentum. Meer onlangse vooruitskattings vir 2025 is nog nie beskikbaar nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom, Gabriel Erastus, wat sê maatskaplike beleggings is ook belangrik.