Malaria-uitbreking gaan vererger, ‘nie net oor ingevoerde gevalle’
Die gesondheidministerie het bevestig dat 20 uit die land se 26 malaria-endemiese distrikte tans malaria-uitbrekings ervaar. Byna 6 000 gevalle is tussen 1 Desember en 19 Januarie aangeteken. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, sê die styging in gevalle is te wyte aan mense wat buite die land besmet word en na Namibië kom vir behandeling. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die malaria-kenner en voormalige gesondheidminister dr. Richard Kamwi, wat ‘n ernstige waarskuwing rig.