Janusz Waluś het geen berou oor Hani-sluipmoord

Die veroordeelde moordenaar, Janusz Waluś, sê hy het geen berou oor die sluipmoord op die SAKP se sekretaris-generaal, Chris Hani, nie en sou dit weer doen om die oorgang na ʼn demokratiese Suid-Afrika te keer. Hani is in 1993 buite sy huis in Boksburg, Gauteng, doodgeskiet. Waluś is verlede jaar na Pole gedeporteer nadat hy byna 30 jaar tronkstraf uitgedien het. Hy het in ʼn eksklusiewe onderhoud met Annika Larsen van eNCA gesê dit was ʼn bespotting van geregtigheid dat die Waarheids- en Versoeningskommissie hom amnestie ontsê het.