Hewige gevegte woed in Goma, DRK

Swaar artillerievuur is in die middel van die beleërde Kongolese stad, Goma, gehoor, ure nadat Rwandese soldate en rebelle van M23 die oostelike streekshoofstad binnegeval het. Joernaliste van AFP berig oor verskeie hewige ontploffings en sê chaos het in die stad uitgebreek, wat al dae lank onder beleg is. ’n Massa-ontsnapping het uit die tronk in Goma plaasgevind. Die tronk huisves sowat drie-duisend gevangenes en is na die ontsnapping aan die brand gesteek. Vlugtende gevangenes is in die omliggende strate gesien.