GBV: 13 gevalle daagliks aangemeld

Geslagsgeweld bly ‘n reuse-uitdaging in Namibië met 4 814 gevalle wat in die vorige boekjaar aangemeld is. Dit kom neer op 13 voorvalle daagliks. Khomas het die hoogste voorkoms gehad op 758 gevalle gevolg deur Erongo op 493 en Oshana op 463. In die jongste ontwikkeling het die Omusati-polisie gesê in die afgelope 366 dae is 440 gevalle van geslagsgeweld aangemeld wat die streek vyfde in die land plaas. Die gevalle sluit in kinderverwaarlosing, fisiese en seksuele geweld sowel as emosionele geweld in.