Beurtwater duur voort op Gobabis
Beurtwater duur voort op Gobabis met dam- en boorgatvlakke wat steeds kritiek laag is. Die burgemeester Melba Tjozongoro, het die situasie in ‘n onderhoud met die plaaslike uitsaaier bevestig en sê dat water daagliks van nege-uur saans tot drie-uur soggens afgesny is. Volgens NamWater se jongste dambulletin is Otjivero tans op 1,4 persent met die slikdam op 2,1 persent. Daan Viljoen is net bo 11 persent en Tilda Viljoen op 0,8 persent. Sy waarsku dat Gobabis tans van boorgate afhanklik is, en as reënval beperk bly, kan sommige opdroog.