Beleërde Yoon amptelik aangekla

Suid-Koreaanse aanklaers het die president, Yoon Suk Yeol, aangekla van die lei van ‘n opstand met sy kortstondige oplegging van krygswet op 3 Desember. Die aanklagte is ongekend vir ‘n Suid-Koreaanse president, en indien skuldig bevind, kan Yoon jare tronkstraf opgelê word vir sy skokbesluit wat gepoog het om politieke en parlementêre aktiwiteite te verbied en die media te beheer. Yoon is in eensame aanhouding sedert 15 Januarie, toe hy die eerste sittende Suid-Koreaanse president geword het wat gearresteer is. Indien Yoon uit sy amp onthef word, sal ‘n presidensiële verkiesing binne 60 dae gehou word.