Vroue-ekspedisie na Antarktika ‘bevorder leierskap’

‘n Ekspedisie van 124 vroue uit 24 lande, wat Suid-Afrika insluit, vertrek Dinsdag op ‘n vaart na Antarktika. Die groep, uit die wetenskap-, tegnologie, ingenieurs-, wiskunde en mediese velde, wil navorsing- en volhoubaarheidspogings steun. Die inisiatief, wat georganiseer is deur die organisasie Homeward Bound, mik na volhoubare oplossings deur uiteenlopende, STEMM-gebaseerde leierskap. Die Suid-Afrikaanse bewaringskenner Aaniyah Martin lig die geleentheid uit om vroue se stemme in leierskap te verhef.