Taliban verwerp Geregshof se lasbrief vir inhegtenisneming

Afghanistan se Taliban-regering het die Internasionale Geregshof se lasbrief vir die inhegtenisneming van sy leiers vir geslagsvervolging verwerp as polities gemotiveerd. Die hoofaanklaer van die hof noem die vervolging van vroue en meisies ‘n misdaad teen die mensdom. Die Taliban het teruggekap met aantygings van dubbelle standaarde en die hof aangemoedig om iets te doen oor die beweerde oorlogsmisdade deur buitelandse magte tydens die besetting van Afghanistan. Aktiviste noem die besluit ‘n geskiedkundige stap na geregtigheid vir Afghaanse vroue terwyl Geregshofregters die aansoek om die lasbrief hersien.