SAOG veroordeel M23 se aanval op DRK-sending

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgmeenskap veroordeel die M23 rebelle se daad van aggressie in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo, en voeg by dat sulke optrede die soewereiniteit, territoriale integriteit en vrede en veiligheid van die Kongo en die SAOG-streek ondermyn. Dit kom na ‘n aanval op die SAOG se gemeenskapsending in die Kongo waarin 9 Suid-Afrikaanse soldate gesneuwel het. Die DA het ook sy beroep herhaal dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag moet onttrek aan die Kongo. Die party se woordvoerder, Chris Hattingh, is aan die woord.