Olifant trap toeris in Krugerwildtuin dood
‘n Toeris is in die Krugerwildtuin dood nadat ‘n olifant die slagoffer naby die Krokodilrivier by die Malelane-hek bestorm en vertrap het. SANParke se hoof van Kommunikasie, JP Louw, sê beamptes was op die toneel om die familie te ondersteun. Ondersoek word nog ingestel na die oorsaak van die tragedie. Louw vra die publiek om weens die sensitiwiteit daarvan nie foto’s of video’s van die voorval en die slagoffer op sosiale media te plaas nie. SANParke het intussen sy meegevoel betuig met die familie en vriende van die oorledene.