Lufthansa 747 land eerste keer sedert 2022 in Windhoek
‘n Boeing 747 van Lufthansa gaan vandag vir die eerste keer sedert 2022 by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe land. Die vlug vanaf Johannesburg se landing is om brandstof in te neem, aangesien daar nie stralerbrandstof by die Oliver Tambo Internasionale Lughawe is om te hervul nie. Volgens berigte staar verskeie Suid-Afrikaanse lughawens stralerbrandstof-tekorte in die gesig, wat veroorsaak is deur vragontwrigting vanaf Mosambiek. Dit is nie tans seker of nog 747-passasierstralers Windhoek sal aandoen om te hervul nie. Die Suid-Afrikaanse vervoerdepartement het intussen aangekondig dat 121,1 miljoen liter stralerbrandstof wat benodig word by die OR Tambo Internasionale Lughawe verkry is.