DA eis dringende samesprekings oor Onteieningswet

Die leier van die DA, John Steenhuisen, eis dringende samesprekings met die vennote in die regering van nasionale eenheid wat die Wet op Onteiening teenstaan. Steenhuisen meen die wet is ongrondwetlik en vra dit moet teruggestuur word na die parlement. Hy sê die party sal hom beroep op klousule 19 van die Verklaring van Voorneme, ‘n dokument wat die DA se kernrol in die regering onderskryf. Hy waarsku teen opsyskuiwing en vra vir koalisierespek.