Aktiviste wil Huwelikswet geregtelik uitdaag
Opinies bly verdeeld nadat president Nangolo Mbumba die Huwelikswet onderteken het, wat die huwelik streng definieer as ‘n verbintenis tussen ‘n man en ‘n vrou. Dit verbied effektief selfdegeslaghuwelike in die land, en dié wat in die buiteland uitgevoer word, word nie erken nie. Equal Namibia is besig om fondse in te samel vir litigasie om die wet se konstitusionaliteit uit te daag, en het reeds 20 persent van hul doelwit van sowat 276 123 Namibiese dollar bereik. Kosmos 94.1 Nuus het met die geslagsaktivis Linda Baumann gesels.