VSA skort hulpprogramme wêreldwyd op

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse sake het ‘n opskorting beveel van nuwe befondsing vir amper alle Amerikaanse buitelandse ontwikkelingshulp na Donald Trump se uitvoerende opdrag. Sowat 70-miljard-rand se Kongres-goedgekeurde befondsing vir toekomstige wapenbesendings vir Oekraïne word behou, maar dit is onduidelik of die president sal besluit om dit te bestee. Humanitêre beamptes kritiseer die opdrag omdat dit nie lewensgewende programme soos klinieke en inentingsprogramme uitsluit nie. Die hoof van Oxfam America, Abby Maxman, maan dit kan wêreldwyd lewe- of dood-gevolge inhou vir kinders en families.