Sabalenka oorweldigende gunsteling in Aussie Ope-eindstryd

Tennis: Min mense sal hulle geld op die Amerikaner Madison Keys sit in vandag se eindstryd teen die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, in die Australiese Ope. Die Belarus hoop op haar vierde Grand Slam-titel nadat sy die afgelope twee jaar in Melbourne gewen, en verlede jaar die Amerikaanse Ope ingepalm het. Die 29-jarige Keys se enigste vorige Grand Slam-eindstryd was in haar geboorteland in 2017. In die manseindstryd speel die verdedigende kampioen, Jannik Sinner van Italië, môre teen die tweede gekeurde Duitser Alexander Zverev.