Oekraïne loods hommeltuigaanval op Russiese olieraffinadery

Oekraïne het na berig word ‘n Russiese olieraffinadery getref en Moskou geteiken tydens ‘n aanval deur minstens 121 hommeltuie, een van die grootste enkele operasies van sy soort tydens die oorlog. Videomateriaal wat deur die BBC bevestig is, toon ‘n vuurbal oor die raffinadery en pompstasie in die Ryazan-streek, suidoos van Moskou. Die Kremlin erken die aanvalle maar maak maar geen melding van skade of ongevalle nie. Hulle beweer 121 Oekraïnse hommeltuie is vernietig, insluitend ses oor die Moskou-streek.