Microsoft gee digitale groei in Afrika ‘n hupstoot met KI-toer
Die president van Microsoft Africa, Lillian Barnard, het die 2025 Global Artificial Intelligence Tour aangekondig in Nigerië, Egipte, Kenia en Suid-Afrika. Die toer, wat gister van stapel gestuur is, het ten doel om Afrika se digitale transformasie te bevorder deur KI-innovering aan sakeleiers, inligtingstegnologie-beroepslui en ontwikkelaars ten toon te stel. Barnard sê Microsoft fokus op die bemagtiging van sake-ondernemings en beginners met die gebruik van KI vir volhoubare groei. Die onderneming het sy toewyding uitgespreek om kuberveiligheid voorop te stel.