Lesotho se opposisieleier oorleef sluipmoordaanval
Die leier van Lesotho se amptelike opposisieparty, Machesetsa Mofomobe van die Basotho National Party, het ‘n sluipmoordaanval buite sy huis in Maseru oorleef. Volgens ‘n polisieverslag het die aanvallers die opposisieleier drie keer geskiet voor hulle op die vlug geslaan het. Mofomobe word behandel in ‘n hospitaal waarvan die naam nie vrygestel is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.