Kunenerivier sak dramaties vanaf verlede week

Die watervlak van die Kunenerivier het sterk gedaal na 321 kubieke meter per sekonde, vanaf 464 kubiek per sekonde ‘n week gelede. Dit beteken minder krag word by Ruacana opgewek, en is ook laer as die vloei van 324 kubieke meter per sekonde op dieselfde tyd verlede jaar. Die vlak van die Zambezi by Katima Mulilo het met 2 sentimeter gestyg na 0,68 meter, veel laer as die 1,43 meter verlede jaar. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier het van 5,51 meter tot 5,39 meter gesak. Verlede jaar die tyd was dit 5,86 meter. Die benede Oranje is baie laag en het minder as 40 centimeter gemeet by Blouputs en Sendelingsdrift.