Kaapse Onafhanklikheidsgroep stel eiendomsreg eise
Die Kaapse Onafhanklikheidsgroep sê die Onteieningswet is ʼn regstreekse aanslag op basiese eiendomsreg wat noodsaaklik is vir ʼn lewenskragtige vryemark-ekonomie. President Cyril Ramaphosa het die wet gister bekragtig. ʼn Woordvoerder van die groep, Joan Swart, sê deur die staat toe te laat om bates sonder vergoeding te gryp, ondermyn die vertroue wat beleggers in Suid-Afrika se ekonomiese bestendigheid het.