Gewapende huisroof gefnuik met Copps 94.1January 25, 2025
As jy in ‘n leeukamp speel kan jy gebyt word, soos ‘n dronkbestuurder Vrydagaand in die hoofstad agtergekom het. Die Copps 94.1-span was op die toneel, met Francois Lottering wat saam met die Namibiese Polisie se offisiere en NamPol se verkeersafdeling gepatrolleer het. ‘n Gewapende huisroof is ook gefnuik. Lottering is aan die woord.