Dâure Daman betogers beplan meer protesaksie
Die Dâure Daman Tradisionele Owerheid versoek al sedert verlede jaar ‘n vergadering met die president nadat ‘n nuwe hoofman, Sagarias Seibeb, aangestel is. Hulle het ook die ministeries van myne en stedelike ontwikkeling genader. Hulle wil hê die hoofman moet verwyder word, dat onwettige mynbou in die gebied gestaak word en dat hul voorvadergrafte beskerm word. Betogers het die Dâure Daman Tradisionele Owerheid se kantore beset tot hulle deur die polisie verwyder is na Hoofman Seibeb ‘n hofbevel op 4 Januarie verkry het. Die betogers beweer dat Xhingfeng eksklusiewe prospekteer lisensies toegestaan is na Seibeb en sy familie betalings van altesaam 10 000 Namibiese dollar ontvang het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die sosiale aktivis Jimmy Areseb, wat vroeër vandeesmaand weens die betogings in hegtenis geneem is.