Blitsbokke onoorwonne op eerste dag in Perth

Rugby: Die Blitsbokke moes alles uithaal om die gashere in die tweede groepwedstryd te klop en die eerste dag onoorwonne af te sluit op die sewestoernooi in Perth, Australië. Suid-Afrika het 10-7 koning gekraai na twee onverdoelde drieë deur Donavan Don en David Betts terwyl Maurice Longbottom James Turner se drie in die eerste helfte verdoel het vir die Aussies. Die Blitsbokke speel vanoggend hulle laaste groepwedstryd teen Argentinië.