VF-Plus gaan Onteieningswet uitdaag
Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan as lid van die regering van nasionale eenheid alles in sy vermoë doen om ʼn wysigingswetsontwerp te laat uitreik om die Onteieningswet se grondwetlikheid uit te daag. Die wet sit uiteen hoe staatsinstellings om verskeie redes grond in openbare belang mag onteien. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, sê die wet is nadelig vir eienaars en tot voordeel van die onteieningsowerheid. Hy sê hulle gaan die Konstitusionele Hof nader.