Rooilyn: Amupanda sluit sy saak af, regter wil weet oor setlaars
Job Amupanda se regslui het hulle saak afgehandel in die hof vandag. Hy is deur sy advokaat Mbushandje Ntinda ondervra en het herhaaldelik die term ‘setlaars’ gebruik. Regter Shafimana Ueitele het hom daaroor gepols.
Die respondente het ‘n aansoek gebring dat die saak van die hand gewys word en die argumente sal volgende week Vrydag aangehoor word.