Regter sê nee vir Trump se geboortereg-bevel

ʼn Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se uitvoerende bevel om geboortereg-burgerskap te beëindig, tydelik gestaak en beskryf dit as brutaal ongrondwetlik. Trump het in sy uitvoerende bevel Amerikaanse agentskappe opdrag gegee om nie kinders wat in Amerika gebore is, burgerskap te gee as die ma of pa nie Amerikaanse burgers is of permanente verblyfreg het nie. Die opdrag is die onderwerp van vyf regsaksies deur burgerregtegroepe en Demokratiese prokureurs-generaal in 22 state. Trump sê hy sal die beslissing uitdaag.