Namibië moet aanpas om by te bly met werk-toekoms
Die Wêreld Ekonomiese Forum het sy “Toekoms van Werk”-verslag vrygestel, wat wydverspreide aandag by Davos, Switserland getrek het. Van die poste wat afneem, is banktellers en poswerkers, weens elektroniese banktransaksies, e-pos en koerierdienste. Tegnologie-werksgeleenthede is van die vinnigste groeiende, sê die verslag, en werksgeleenthede in die voorste linies sal vinnig toeneem. Dit sluit in plaas- en konstruksiewerkers, afleweringsbestuurders en verkoopsmense. As gevolg van die groeiende vraag in die sorgsektor, sal daar binnekort ‘n groot aanvraag wees na verpleegsters, maatskaplike werkers, onderwysers, beradingskundiges en persoonlike versorgers. Nie een van hierdie werke vereis ‘n graad nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Departement Ekonomie oor sy siening vir Namibië.