Musiekstroom-webwerf sê 10% van opgelaaide snitte is KI

Die musiekstroom-webwerf Deezer sê een uit elke tien snitte wat daagliks opgelaai word, is óf nie oorspronklik nie óf net ‘n geraas wat kunsmatige intelligensie-programme skep. Die onderneming se bedrogopsporings-tegnologieë, wat in 2023 begin is, het ontdek ongeveer 10 000 snitte wat ten volle deur KI vervaardig is, word elke dag op die platform gelaai. Deezer sê hy gaan poog om ware musikante beter te betaal en snitte wat nie eg is nie, uit te wis. Hierdie snitte word deur bedrieglike rekeninge gestroom wat geskep is om die sogenaamde “kunstenaars” te vergoed.