Man U verbeter kans vir laaste 16 in Europa-liga
Manchester United het hul kans om outomaties vir die laaste 16 van die Europa-liga te kwalifiseer ʼn hupstoot gegee met hulle 2-1-oorwinning oor Rangers. Rangers se doelwagter, Jack Butland, het ʼn doel geskop voordat plaasvervanger Cyril Dessers die telling vir die Skotse klub gelykop gemaak het. United se kaptein, Bruno Fernandes, het egter in die 92ste minuut die wendoel aangeteken. Hoffenheim het intussen Tottenham Hotspur met 3-2 verslaan wat hulle in ʼn sterk posisie plaas om outomaties die uitklopronde te haal. United se bestuurder, Ruben Amorim, sê egter daar steeds ruimte vir verbetering: