Malaria-uitbreking eis 28 lewens, sover

Die gesondheidministerie het die jongste malariastatistieke soos op 19 Januarie vrygestel. Sedert ‘n malaria-uitbreking in Desember verklaar is, is 28 sterftes aangemeld. Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het op ‘n media-inligtingsessie gesê daar is geen spesifieke begroting vir die reaksie op die uitbreking nie, en huidige hulpbronne word in die verskillende direktorate gebruik. Nangombe gee die statistieke.