Kaapstadse Met bring perde, modegiere
Perdesport: Die ikoniese Kaapstadse Met, wat een van die belangrikste geleenthede op die land se perdewedren-kalender is, gaan môre sportgeesdriftiges én sosiale vlinders na die Kenilworth-renbaan lok. Vanjaar se tema is Couture Unleashed, wat avant-garde kuns en tydlose elegansie laat saamsmelt. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê mense kan kom kyk hoe die wêreld se beste volbloedperde meeding, en hulle verlustig aan ‘n glansryke vertoning van styl en vermaak.