ICC vra Taliban-lasbriewe aan

Die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof versoek lasbriewe teen senior Taliban-leiers in Afghanistan oor die vervolging van vroue, ‘n misdaad teen die mensdom. Karim Khan sê daar is genoeg rede om die opperleier, Haibatullah Akhundzada en die hoofregter, Abdul Hakim Haqqani strafregtelik verantwoordelik te hou vir misdaad teen die mensdom op grond van geslag. Khan sê Afghaanse vroue en meisies, sowel as die LGBT-gemeenskap, staar ‘n ongekende, gewetenlose en voortdurende vervolging deur die Taliban in die gesig.