Hamilton sê Ferrari bied die regte uitdaging
Lewis Hamilton sê hy het aan sy broek se naat gevoel om vir Ferrari te teken. Die suksesvolste jaer in Formule Een het Woensdag sy buiging vir Ferrari by hulle tuisbaan in Maranello gemaak. Dit kom bykans ‘n jaar na sy skokbesluit om Mercedes te verlaat, waar hy ses van sy sewe wêreldkampioenstitels gewen het. Die Italiaanse span het sedert 2007 nog nie weer ‘n wêreldkampioen-renjaer gehad nie. Die 40-jarige Brit sê om vir Ferrari te teken was die regte stap want dit sou hom die uitdaging bied wat hy nodig het.