FNB sê oor bedrog

Johan du Plessis, die hoofrisikobeampte by FNB Namibia beklemtoon dat die onlangse saak van die kliënt wat ongeveer 1 miljoen Namibiese dollar verloor het, bewys is van die uiterste lengtes wat misdadigers bereid is om te gaan. Die presiese proses wat gebruik is om toegang tot die afgetrede onderwyser se rekening te bekom word nog ondersoek. Du Plessis, wat die aanmerkings by ‘n perskonferensie van die bank in die hoofstad gemaak het, sê in November en Desember, het die bank 103 bedrogvoorvalle aangemeld met meer as 4 miljoen dollar wat geraak is en 1 miljoen dollar wat suksesvol teruggekry is. Die sake verteenwoordig minder as 1 persent van die kliëntebasis van die bank.