Djokovic skimp dit was dalk sy laaste Aussie Ope

Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, het bevestig hy het ‘n spier in sy linkerbobeen geskeur. Dit volg nadat hy onttrek het aan sy halfeindstryd teen Alexander Zverev op die Australiese Ope. Die Serwiër, wat probeer het om sy rekord elfde titel in Melbourne in te palm, het tou opgegooi nadat hy die eerste stel 7-6 teen die Duitser verloor het. Djokovic sê dit is moontlik dat dit sy laaste Australiese Ope was.