Die tyd is ryp vir bosgebaseerde veevoer

Dele van die land het tans welige groen weiveld, danksy goeie reënval. Dit is ‘n deurslaggewende tydperk vir boere om vir toekomstige droogtes voor te berei deur met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin. Die gebruik van indringerbosse vir veevoer bied ‘n volhoubare oplossing met aansienlike voordele, veral gedurende die droë seisoen. Dr. Dagmar Honsbein, ‘n spesialis in die hout- en houtskoolbedryf, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en deel die stappe wat boere kan doen om boskosproduksie aan te durf.