DA woedend oor swye oor duur Eskom-tariewe

Die DA sê hy is hoogs ontsteld dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika swyg terwyl Eskom daarop uit is om talle mense in armoede te dompel met buitensporige tariefverhogings. Dit volg na Nersa se spesiale elektrisiteit-subkomitee Dinsdag vergader het, maar geen aankondiging is gedoen oor die kragnutsmaatskappy se tariefverhogingsaansoek nie. Kevin Mileham van die DA sê die voorgestelde kragprysraamwerk, insluitend 446-miljard Suid-Afrikaanse rand vir 2025/2026 is ‘n kritieke bedreiging vir huishoudings en die breë ekonomie.