DA se regspan berei voor oor onteieningwet
Die DA het sy sterk teenkanting teen die Onteieningswetsontwerp, wat president Cyril Ramaphosa onderteken het, herhaal. Die wet, wat ’n vyf jaar lange proses van openbare konsultasie en parlementêre beraadslaging ondergaan het, maak voorsiening vir grondonteiening sonder vergoeding. Dit maak ook voorsiening vir sekere gevalle waar onteiening sonder vergoeding in die openbare belang gepas is. Willie Aucamp van die DA sê hul regspan berei tans die party se saak voor: