Cosatu soek korter toue by Arbeidsdepartement
Cosatu doen ‘n beroep op die Departement van Indiensneming en Arbeid om dringend stappe te doen om ‘n einde te maak aan die lang toue by arbeidskantore oral in die land. ‘n Vrou het glo onlangs ineengestort na sy ure lank met haar kind by die Werkloosheidsversekeringsfonds se kantore in Pretoria gewag het. Zanele Sabela van Cosatu sê die lang toue het die norm geword en dit hou ‘n gesondheidsgevaar vir werkers en begunstigdes in, wat sukkel om toegang tot dienste en uitbetalings te kry.