Chris Brown dagvaar Warner Brothers vir 9 miljard

Chris Brown het Warner Brothers vir 9 miljard Namibiese dollar gedagvaar na die uitreiking van ʼn dokumentêr oor sy beweerde seksuele aanranding en ander beskuldigings. Die rolprent, “Chris Brown: A History of Violence” bevat bewerings van gesinsgeweld, aanranding en seksuele wangedrag teen die 35-jarige Amerikaanse R&B-sanger en kletsrymer. Sy reputasie is geskaad weens bewerings van gesinsgeweld en ander mishandeling. Brown is skuldig bevind dat hy sy destydse meisie, Rihanna, aangerand het voor die Grammy-toekennings in 2009, wat die popster verplig het om die geleentheid mis te loop.

Foto: Verskaf