Aussie Ope: Zverev haal eindstryd na Djokovic besering opdoen

Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev, is deur na sy eerste eindstryd op die Australiese Ope nadat die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, in die halfeindronde weens ʼn besering moes onttrek. Die Duitser, wat sy eerste Grand Slam-titel wil wen, het die eerste stel gewen voordat die Serwiër moes tou opgooi. Zverev speel in die eindstryd teen die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, of Ben Shelton van Amerika. Zverev sê hy het baie geleer uit sy twee nederlae in Grand Slam-eindstryde: