Wolfshag-skag sal tot 2027 by B2Gold lewer
B2Gold Namibia het gesê eksplorasieresultate dui op die potensiaal om ondergrondse produksie by Wolfshag tot 2027 uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het met die B2Gold-landbestuurder, John Roos, gesels wat sê dit sal die verwerkingsbedrywighede tot 2032 aanvul, wanneer ekonomies lewensvatbare voorrade na verwagting uitgeput sal wees. Kapitaalbesteding vanjaar by die Otjikoto-myn sal na verwagting altesaam 39 miljoen Amerikaanse dollar beloop, en hulle sal tussen 165 000 en 185 000 onse goud produseer.