Wild-kwota vir droogtehulp is halfpad ge-oes
Plaaslike media berig dat talle inwoners regoor die land steeds wag vir hulle deel van die droogtehulp vleis wat verlede jaar aangekondig is. Die regering het 723 diere uitgesit vir die doel. Volgens The Namibian is 334 diere teen die einde van 2024 geskiet – 77 blou wildebeest, 34 elande, 46 vlakte sebras, 50 impala, 60 buffels, 24 seekoeie en 43 olifante. Dit is ongeveer 155 500 kilogram vleis wat geoormerk is vir 331 000 huishoudings wat geregistreer is vir droogtehulp. Pogings duur voort om die kwota te vul. Talle huishoudings sê hulle het net meel en vis ontvang en wag steeds vir hulle deel van die vleis.