Venaani reageer op stilswye deur owerhede na Namdia-roof

Die vertraging in die beloofde perskonferensie deur NamPol en Namdia na Saterdagaand se gewaagde roof, het baie vrae, en gerugte, laat ontstaan. Namdia sê verder sy bedrywighede is nie ontwrig nie al is een van sy senior sekuriteitsbeamptes in die roof dood en media berigte is uiteenlopend met verskeie feite en die waarde van die gesteelde diamante. Die leier van die PDM, McHenry Venaani, sê die stand van sake is onaanvaarbaar.