Valke ondersoek minister Ntshaveni vir bedrog
Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het bevestig daar word deurlopend ondersoek ingestel na die ampstermyn van die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, as munisipale bestuurder van Ba-Phalaborwa in Limpopo. Ntshavheni word verdink van korrupsie in verband met ‘n rekeningkundige kontrak van 2,5-miljoen-rand in die 2008/2009-boekjaar. Lebeya sê die Valke het die saak reeds in 2021 ondersoek en sal bevindinge aan die Nasionale Vervolgingsgesag voorlê sodra die ondersoek afgehandel is.